Local sportSport

Rugbyseisoen sluit af

Vir Albertonrugby het die seisoen geëindig met die plaatfinaal teen TUT waar Alberton met 18-38 vasgeval het.

ALBERTON: Die Goue Leeus klubrugbyseisoen het die eerste Saterdag van September afgesluit, met die Predator beker-finaal tussen UJ en Raiders.

UJ, in hul laaste wedstryd met Hugo van As die afrigter, het Raiders op die Wits rugbystadion met 65-10 oorrompel en sake total oorheers. UJ wat totaal gedomineer het was halftyd reeds met 27-10 voor. Na vyf jaar as hoofafrigter, gee Van As die leisels oor aan bekende Albertonafrigter Werner Skollie Janse Van Rensburg wat die afgelope aantal seisoene hoofafrigter van Marais Viljoen was. Die 31-jarige Skollie sal veral onthou sal word vir die suksesville oorsese toer van Marais Viljoen se span aangevoer deur Eugene le Maitre in 2010.

Vir Albertonrugby het die seisoen geëindig met die plaatfinaal teen TUT waar Alberton met 18-38 vasgeval het. Die twee top presterende spanne was die derdes en o.19 wat in die finaal vir TUT met onderskeidelik 48-0 en 57-7 verpletter het.

Die oorwinning van 26-12 oor Diggers en 32-18 teen Kempton Wolwe, was die eerstespan se groot hoogtepunte van die seisoen.

Nog ‘n hoogtepunt was die feit dat drie Albertonspelers vanjaar vir die Goue Leeus uitgedraf het: Derick Minnie word die agtste Albertonkaptein van die Goue Leeus, terwyl Jaco Kriel oudleerder van Hoërskool Standerton in 2011 vir Alberton as Goue Leeus-leenspeler uitgedraf het. Vanjaar was Goue Leeus agterspeler Ruan Nel ‘n groot uitblinker met sy passievolle spel en skopwerk vir Alberton. Met 16 punte was hy die ster in Alberton se sege oor Kempton Wolwe.

Ook by die junior rugby en die goue oues skitter Alberton, met ‘n sterk en groot junior klub tans onder voorsitterskap van Lukas Swart, terwyl die Goue Leeus en Alberton Madalas rugbyfees op Alberton ‘n reuse sukses was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button