Local newsSport

Laerskool Randhart spog met ‘brul-jante’ rugby

Ranties se rugby was behoorlik aan die brand en palm uitmuntende prestasies in

Die rugbyseisoen vir Laerskool Randhart het op ‘n hoë noot afgesluit met twee van Randhart se spanne wat die Goue Leeus finale van die superliga gewen het.

Die o9 A span wen tydens die finaal teen Laerskool Kenmare met ‘n telling van 27-5.

Die eerste span van Randhart was behoorlik aan die brand en het Kenmare 31-5 in die finaal te klop.

Dit was ‘n uitstekende seisoen vir die skool se eerste span wat groot prestasies behaal het. Hulle was onoorwonne by die klipharde Noord-Suid-toernooi en het ‘n vierde plek op die Wildeklawertoernooi verower wat in Kimberley plaasgevind het.

Die skool wens elke seun en afrigter geluk met hierdie uitmuntende prestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button