Laerskool Randhart het ‘n indrukwekkende vertoning gelewer tydens die onlangse Top 6-aflosbyeenkoms wat op tuisbodem gehou was.
Die deelnemende skole was Laerskool Helderkruin, Laerskool Impala, Laerskool Bryanston Parallel Medium, Laerskool Baanbreker, en Laerskool Louis Leipoldt.
Ranties het al drie trofeë ingepalm vir die beste dogterspan, beste seunspan, en as die algehele wenners.
Verdere gelukwensing gaan aan die besonderse prestasies van die aflosspanne wat goue medaljes verower het, insluitend die o9 seuns, o10 seuns, o12 dogters, o13 dogters, o13 seuns, en die dames-aflosspan
“Geluk aan die goue medalje wenners in verskeie kategorieë en dankie aan elke besoekende skool en ondersteuner vir hul deelname aan hierdie opwindende geleentheid,” het die skool se hoof gesê.




