SchoolsSport

Laerskool Orion wen Interlaer

Suksesvolle interlaer atletiekbyeenkoms by Germiston Stadion.

Op 14 Februarie het die Germiston Stadion ‘n bruisende toneel gebied vir die groot interlaer atletiekbyeenkoms.

Atlete van Laerskool Randhart, Laerskool President Steyn, Laerskool Generaal Alberts Primary, Laerskool Orion en Alberview Primary het hul beste voete voorgesit.

Die pawiljoen was stampvol met ondersteuners wat die atlete aangemoedig het en ‘n groot gees het deur die stadion geheers.

Die uiteindelike wenner van die interlaer was Laerskool Orion met ‘n indrukwekkende telling van 304 punte.

Laerskool Randhart het ‘n tweede plek verower met 298 punte, terwyl Alberview Primary met 157 punte ‘n derde plek verwerf het.

In die vierde plek was Laerskool President Steyn met 143 punte en in die vyfde plek was Laerskool Generaal Alberts Primary met 91 punte.

Related Articles

 
Back to top button