Op 14 Februarie het die Germiston Stadion ‘n bruisende toneel gebied vir die groot interlaer atletiekbyeenkoms.
Atlete van Laerskool Randhart, Laerskool President Steyn, Laerskool Generaal Alberts Primary, Laerskool Orion en Alberview Primary het hul beste voete voorgesit.
Die pawiljoen was stampvol met ondersteuners wat die atlete aangemoedig het en ‘n groot gees het deur die stadion geheers.
Die uiteindelike wenner van die interlaer was Laerskool Orion met ‘n indrukwekkende telling van 304 punte.
Laerskool Randhart het ‘n tweede plek verower met 298 punte, terwyl Alberview Primary met 157 punte ‘n derde plek verwerf het.
In die vierde plek was Laerskool President Steyn met 143 punte en in die vyfde plek was Laerskool Generaal Alberts Primary met 91 punte.
Daniel Subke van Laerskool President Steyn.
Joshua Puclowski van Laerskool President Steyn.
'n Atleet van Laerskool Orion.
Atlete in aksie tydens die interlaer atletiekbyeenkoms.
Atlete in aksie.
Laerskool Randhart se Luan Celliers in aksie.
Mia Kruger van Laerskool Randhart.
Laerskool Randhart se Franco Fourie.
'n Atleet van Laerskool Generaal Alberts Primary.
'n Albie-atleet in aksie by die verspringput.
'n Atleet van Laerskool Generaal Alberts Primary.
'n Atleet van Laerskool President Steyn in aksie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!