Sport

Ranties skitter by kampioenskappe

Hulle het met hart gespeel en die brons huis toe gebring.

Die Ranties se o12-netbalspan het hul skool en gemeenskap trots gemaak deur ’n bronsmedalje te verower by die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe wat onlangs in Polokwane gehou is.

Die span het nege uitdagende wedstryde afgelê en net een daarvan verloor. Hierdie indrukwekkende prestasie is die resultaat van hul harde werk, samehorigheid en opmerklike talent op die baan.

Voor: Anine Mey, Elmarie de Villiers, Gia Smith (kaptein),Elana de Villiers, Kay-Lee Marais en Betty Phala (sameroeper van P/S netbal). Agter: Lienke Smith, Miempie Cloete (afrigter), Ruanke Kasselman, Miané Pretorius en Kiara Kers.

Dwarsdeur die toernooi het hierdie jong atlete vasberadenheid en ’n sterk gees getoon. Hulle het die Ranties-kleure met trots gedra en elke wedstryd met alles wat hulle het aangepak.

’n Verteenwoordiger van die skool het gesê: “Welgedaan aan die span met hierdie fantastiese prestasie. Julle is ware kampioene.”

Elmarie de Villiers, Gia Smith (kaptein), Lienke Smit, Miané Pretorius, Miempie Cloete (afrigter), Kiara Kers, Ruanke Kasselman, Kay- Lee Marais, Anine Mey en Elana de Villiers Photo: Supplied

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button