‘n Engel op ons pad
Ons wil ons dank uitspreek teenoor Christa wat ons op nommer 99 te hulp gesnel het.

‘n Matriekleerling van Potchefstroom Gimnassium wou graag vir die laaste keer (14de jaar) aan die Alberton kunswedstryd deelneem. Ons versoek vir naweek deelname vir ‘n verskeidenheid items word toegestaan.
Haar sangonderwyseres was bewus hiervan en het die items in die kunsvereeniging se boekie afgemerk maar kort voor deelname deel sy ons mee dat sy ander planne vir die langnaweek het.
Lizélle was platgeslaan. Sy wou so graag van haar matriekjaar’n hoogtepunt maak. Ek hoor toe van ‘n dame Christa Feisel van Albemarle en kontak haar. Christa sy is dadelik bereid om te help en ons ontmoet ‘n engel! Sy verander die inskrywings want dit blyk toe dat die kind se sangstukke nie geskik is vir die items waarvoor sy ingeskryf is nie en sy pas vier oefensessies vir ons in.
Nege dae vóór deelname bars Lizélle se oordrom wat tydelike gehoorverlies veroorsaak. Pleks van opgee oorbrug Christa dit en Lizélle behaal goeie uitslae en so ook Christa se ander leerlinge – 22 van Christa se 26 leerlinge kry diplomas en die ander goud. Hoef ek meer te sê?
Baie dankie Christa, jy het gehelp om my kind se drome moontlik te maak. Ek beveel Christa ten sterkste aan as klavier en/of sangonderwyseres!
Rentia Wilkinson, Verwoerdpark