EntertainmentLifestyle

Ballade vir ‘n Enkeling voorskou

Ballade vir ’n Enkeling en Ster-Kinekor Entertainment het besluit om ’n landswye voorskou van die film 'Ballade vir ’n Enkeling' te hou.

JOHANNESBURG – Met hierdie geleentheid sal Suid-Afrikaners die kans kry om Ballade vir ’n Enkeling te gaan kyk op Woensdagaand 18 Maart 2015, twee dae voor die fliek amptelik op die groot skerm landswyd begin draai.

Die voorskou van die rolprent sal by Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters landswyd vertoon word.

Vir die publiek wat net nie meer kan wag om die fliek te sien nie, is die voorskou ’n gulde geleentheid om die afwagting te omseil. Diegene wat hierdie geleentheid misloop, kan die fliek eersdaags van 20 Maart in teaters landswyd sien.

Vir besprekings en meer inligting, besoek Ster-Kinekor en Nu Metro of besoek die naaste onafhanklike teater.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button