EntertainmentLifestyle

Doringrosie vertolking gaan die gehoor betower

Die klassieke storie van die Slapende Skone, word vertolk by Emperor’s Palace vanaf 5 Mei tot 4 Junie.

DORINGROSIE, oftewel die klassieke storie van die Slapende Skone, word vertolk by Emperor’s Palace vanaf 5 Mei tot 4 Junie.

Op die aand voor haar 18de verjaardag, prik Prinses Aurora haar vinger aan die spindel van ‘n spinwiel en val in ‘n diep, betowerde slaap. Sal sy verewig slaap, of sal haar Prins se liefdesoen haar uiteindelik wakker maak?

DORINGROSIE: Charlize Berg vertolk die rol van Prinses Aurora, ook genoem Doringrosie.

Hierdie pantomime mag jy nie misloop nie. Vertonings om 11vm, 3nm en 7.30nm op Saterdae en Sondae, en 7.30nm op Donderdae en Vrydae.

Kaartjies is beskikbaar vanaf R170. Besoek www.computicket.co.za of enige Checkers tak om kaartjies te bespreek.

Kom wees deel van die sprokiesverhaal! Almal is welkom, so bring die kinders en maak ‘n lekker familie-aand daarvan.

REDDER-PRINS: Marno van der Merwe vertolk die rol van die brawe Prins.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button