Harte word oopgemaak vir Cansa
Lede van die gemeenskap het hul harte deeglik oopgemaak vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa), tydens 'n "Cansa goes Vintage" fondsinsameling.
Die funksie, wat op 4 Oktober deur “SA’s Bachelor and Bachelorette 2014” finalis Sonel Luyt, in Petit, aangebied is, het ‘n totale bedrag van R11 570 vir Cansa ingesamel.
Gaste kon stalletjies, heerlike kos, springkastele, tombola en veilings op die dag geniet, terwyl Dewald Steyn en Christo Botha aan hul vermaak voorsien het.
Ronel Vermaak, verhoudingsvrywilliger van Cansa, het gaste aangespreek oor die organisasie en die bewusmaking van kanker.
Sy het ook ‘n paar wenke oor die tekens van kanker met hulle gedeel, omdat sy glo dat mens kanker kan oorleef as jy die simptome daarvan ken.
Luyt het almal bedank wie moeite gedoen het om die doel te ondersteun.
SA’s Bachelor and Bachelorette is nie ‘n skoonheidskompetisie nie, maar ‘n bewusmakingsveldtog vir Cansa.
Die finale sal op 8 November, by Silverstar Casino, gehou word.
Vir verdere inligting, skakel vir Luyt by 082 529 6803.



