Christine Reynecke (35) het Maandagoggend gepraat oor die dood van haar man, adj-off Morné Reynecke, wat Vrydagmiddag ongeveer 3nm deur een of meer rowers geskiet is.
“Ek was by Morné net voordat hy na die teater toe is en hy het nog ’n grappie gedeel en gesê dat hy ‘ok’ sal wees, aangesien hy van yster en plaat gemaak is,” het sy hartseer vrou gesê.
Volgens inligting van die Brakpan SAPD is ’n BMW Vrydagmiddag in Athlonelaan gekaap.
“Inligting dui daarop dat adj-off Reynecke dié voertuig asook die rowers se wegkom voertuig, ’n wit Seat, roekeloos of nalatig sien bestuur het,” het kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD gesê.
Lees die volledige artikel hier.
Lees ook: Benoni police officer killed in Brakpan shooting



