Dié dogters van Laerskool Northmead, Ilke Mahne (o-13), Simoné Kleyn (o-12) en Karien Vermaak (o-13), het die netbal Benoni-span tydens die proewe gehaal. Karien is ook tydens die D6-proewe tot die D6-span verkies.
Tian Bosman van Laerskool Northmead het aan die SA-kampioenskappe deelgeneem. Hy het tweede plek in hoogspring seuns o-11 behaal.