AGS Brentwood Park verwelkom leraarpaar
Vir verede inligting skakel June Breitenbach, vise-voorsitter by 083 634 0546 of Johan Fourie, sekretaris, by 082 752 0000.
AGS Brentwood Park het ontstaan deur leiding en onderhandeling met die AGS Oosrand Streekskomitee, onder wie se toesig die nuwe gemeente gefunksioneer het.
Die gemeente bestaan sedert Februarie 2019 en is tans 85 lidmate sterk. AGS Brentwood Park het pas die nodige status van geregistreerde gemeente van die AGS van SA ontvang.
Die behoefte aan stabiliteit en ’n voltydse leraar het gegroei saam met die getalle en die verloop van tyd. Die stigtingskomitee het met pastoor Sarel en Maryna Rudolph, ’n afgtrede AGS pastoorspaar, onderhandel om die leisels te neem op ’n jaar-tot-jaar kontrak basis.
ALSO READ:
Small but mighty babies celebrated
Die gemeente is dankbaar en opgewonde dat hulle die uitdaging aanvaar het en hulle reeds op 1 Desember bevestig is. AGS Brentwood Park wil graag die tuiste van mense met ’n behoefte aan liefde, erkenning en die geleentheid om iets positief te doen vir ons stukkende samelewing wees. AGS Brentwood Park betree ’n nuwe seisoen van stabiliteit met ’n voltydse leraarpaar.
Die gemeente nooi die gemeenskap uit om hulle te besoek en te deel in hulle vreugde om die Here te dien onder die leierskap van pastoor Sarel en Maryna.
Die kerk is te Mainweg 78, Brentwood Park, geleë. Alhoewel die gebou nie vanaf die pad sigbaar is nie, is daar vir u gerief padaanwysigingsborde op die paaie rondom die kerk aangebring.
Vir verede inligting skakel June Breitenbach, vise-voorsitter by 083 634 0546 of Johan Fourie, sekretaris, by 082 752 0000.








