Local newsNews

#bct100: Koinonia steeds ‘n anker

Die gemeente groei steeds van krag tot krag.

Die Pinkster Protestante Kerk (PPK), nou Koinonia, in Northmead is hierdie jaar 63 en word oor die jare beskou as die moedergemeente van die PPK.

Die City Times het onlangs die kerk besoek en het meer oor dié gemeente se geskiedenis raakgelees.

Pastoor JH Snyman en sy gemeente van ongeveer 400 het die PPK in Benoni in 1958 begin. Die groen tent (hoek van Main Reef en Wordsworth) waarin hulle vir nege maande kerk gehou het, het gou ’n bekende gesig geword.

LEES OOK: Kerkbasaar lok gemeenskap tydens koue dae

Daar is 69 persone in hierde tydperk gedoop. Vier nuwe gemeentes kom tot stand: Alberton, Primrose, Boksburg-Noord en Pretoria-Sentraal.

Op 15 Februarie 1959 is 100 werkers hard besig. Twee masjiene meng die beton en rye kruiwaens draf heen en weer, met die pastoor aan die voorpunt. Dit moet vinnig gaan, want die fondasie moet in een dag gegooi word.

Die hoeksteen word gelê op 8 Maart 1959. Hansie Odendaal is deur die Kerkraad as burgemeester aangestel. In April daardie jaar is die eerste algemene kampkonferensie in ’n vergrote tent gehou met meer as 2 000 konferensiegangers.

Op 8 Augustus 1959 woon ’n skare van 1 000 die inwydigingsplegtigheid van Benoni se kerk by.

Pastoor George het vir 21 jaar die leiding gegee in hierdie gemeente. Oorwinning, blydskap en stabiliteit was die wagwoorde.

Pastoor J Rossouw is vanaf 1 September 1959 behulpsaam met die vinnig-groeiende Benoni gemeente (1959 tot 1966). Hierdie edel werker van die Here en sy gesin het ook diep spore in die gemeente getrap.

LEES OOK: The Gereformeerde Kerk Benoni hosts market

Pastore Johan du Toit en Quinton Stolk neem nou die dienste by die gemeente waar.
Volgens Du Toit gaan die gemeente steeds van krag tot krag.

“Daar is steeds lidmate betrokke vanaf die ontstaan van die gemeente. Almal is welkom om by die gemeente aan te sluit wat deel van die familie wil wees,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die kerk aan kreatiewe oplossings dink om die uitdagings van Covid-19 te oorkom.

“Tydens die harde inperking het ons gereeld deur middel van tegnologie kontak gehou met die lidmate.

“Wanneer ons toestemming gekry het om byeenkomste te hou was ons dienste normaal binne die kwota wat toegelaat is om byeen te kom. Die gemeente het streng by al die Covid-19-regulasies gehou.

“Ons dienste word nou ook regstreeks op YouTube uitgesaai,” het hy verduidelik.

Die pastoor het die City Times geluk gewens met sy 100ste mylpaal-verjaarsdag.

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button