Hoërskool Hans Moore het onlangs menigde toekennings ontvang tydens die jaarlikse Ekhuruleni-Noord prystuitdeling.
Die skool het eerste plek in die kategorie vir Mees Verbeterde Publieke Skool tydens die 2021 eksamen ontvang.
“Ons is trots op die personeel en leerders van die Klas van 2021 wat by hierdie spog geleentheid vereer is,” het Jan-Harm Hattingh, hoof van die skool, gesê.
Twee van die leerders is as die beste leerders in hul onderskeie vakke aangewys: Sharné Neves in elektriese tegnologie (digitaal) en Aliyaah Gilchrist in tegniese wiskunde.
Drie van die skool se personeellede is ook as uitblinkers aangewys aangesien hulle die hoogste gemiddeld vir hul onderskeie vakke in die Ekhuruleni-Noord Distrik bereik het.
Hulle is Etienne Voster (elektriese tegnologie digitaal), Sunette Kemp (meganiese tegnologie, pas en draai) en Lu-Ann Hogan (Afrikaans).
“Ons is baie trots op hierdie uitsonderlike prestasies en die passie, toegewyding en verantwoordelikheid waarmee die personeel hul van hulle taak kwyt,” het hy gesê.
LEES OOK: Hans Moore cricketers shine against heavyweights
LEES OOK: Hoërskool Hans Moore matrics stand tall with 96% pass rate










