Local newsNews

Maatskaplike werkers is skeppers van orde

Elkeen binne'n gemeenskap het die potensiaal om te groei

Solidariteit se Helpende Hand het onlangs onderneem om ‘n landswye ontleding te doen om aandag te vestig op die uitdagings wat maatskapplike werkers daagliks mee worstel.

Volgens Christa Pogieter, hoof van die organisasie se maatkaplike dienste, is ‘n steekproef onderneem om op Wêreld Maatskaplike Werkdag (15 Maart) ‘n kalklig te sit op die professionele werksaamhede van maatskaplike dienste.

LEES OOK: The voice of Solidarity

“Maatskaplike werkers speel ‘n groot rol om hoop te laat groei in situasies waar mense, gesinne en gemeenskappe gebuk gaan onder emosionele, finansiële asook fisiese druk,” het sy gesê.

“Hulle waardevolle bydrae tot die samelewing se welvaart kan nie geignoreer word nie aangesien hulle diegene is wat eerste intree om orde te skep in situasies waar wanhoop heers.”

Gedurdende die steekproef wat die meenings van 15 000 Afrikaanssprekende individue ingesluit het, is gevind dat sewe uit 10 finansiële opvoeding en leiding benodig, terwyl ses uit 10 hulself in skuld bevind.

Hulle het verder gevind dat een uit twee mense sukkel met depressie, angs of/en eensaamheid.

Helpende Hand hoop om die inligting van hul studie te gebruik om ‘n gemeenskapsontwikkelingsprogram te stig wat ontwerp is om gemeenskappe volgens hul behoeftes by te staan.

“Ons is daarop toegespits om ons projekte uit te brei na kwesbare kinders, om families te ondersteun asook bejaardes en gestremdes om hulle potensiaal na te streef,” sê sy.

LEES OOK: WATCH: #Jerusalema: Social Solidarity Food Drive a hit for charities

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button