Benoni buurtwag poog om die gemeenskap te beveilig
Goeie samewerking tussen die buurtwag, polisie en plaaslike veiligheidsinstansies stel ons in staat om die gemeenskap in tye van nood te help

Met meer as 398 ure op die pad waartydens meer as 800km afgelê is, het AfriForum-buurtwag in Benoni verskeie suksesse gedurende Mei behaal.
Volgens Jacques Laubscher, leier van die inisiatief, het die buurtwag gereageer en hulp verleen by 28 insidente wat huisbraak, voertuig diefstal, betreding en skade aan eiendom insluit.
“Daar is goeie samewerking tussen al die rolspelers en inligting word uitgeruil wat take baie vergemaklik,” sê Laubscher.
“Ons doen egter ’n beroep op die publiek om sake by die plaaslike SAPD aan te meld, sodat geregtigheid kan geskied en dat akkurate statistiek saamgestel kan word.
“Dit help ons om sodoende brandpunte te identifiseer en meer patrollies in daardie gebiede te ontplooi.”
Petrus Coetzee, die distrikskoördineerder vir die Oos-Rand, het verder gesê dat die suksesse wat behaal is bewys is dat AfriForum se spesialisopleiding, toerusting, plaaslike- en nasionale radionetwerke en samewerking met ander rolspelers uiters suksesvol is.
“Die feit dat gemeenskapslede inligting direk aan die buurtwag kan kommunikeer, maak vinnige optrede moontlik,” sê Coetzee.
Om deel te vorm van die buurtwag SMS “Benoni” na 45340 (R1 per boodskap) of kontak Jacques Laubscher by 079 499 4860.
ALSO READ: AfriForum vul slaggate
ALSO READ: AfriForum pak skoonmaak van die dorp aan







