Local newsNews

Sakevroue leer oor vrees

Die geleentheid was soos oudergewoonte 'n sukses.

Die Oos-Rand Sakevroue het onlangs ‘n stylvolle vergadering te Summer Place gehou met lewensafrigter Lizette Volkwyn as die gasspreker.

Soos gewoonlik was dit ‘n spoggeleentheid waar die vroue lief en leed gedeel het.

Nog ’n hoogtepunt van die dag was die driegangmaaltyd.

Die tema van Volkwyn se toespraak was ‘moenie laat die vrees om te verloor groter wees as die opwinding van wen nie’.

“Vrees is die dief in die nag wat vir jou die leuens vertel van mislukte pogings, vergelykings met ander en bo alles jou uitmaak as ‘n slagoffer wat klaar te nagekom is en dit eenvoudig nie gaan reg kom nie.

“Wat kies jy vandag, Sannie vreesgees (feary Suzy) of onstuitbare ek?

“Al wat ek vandag voor my sien is vrouens wat sê hierdie is nie die einde nie, maar die begin. Ek sien dames wat sê ‘watch this space’ en ek sien gladiators wat sê ready or not, I am going to war.

“Mag vandag vir jou ‘n keerpunt wees van genoeg is genoeg. Mag jy vrees se meesteres word, maar bo alles mag jou suksesse jou lewenswyse word bo alle verwagtinge,” het sy gesê.

Voorsitter van die Sakevroue, Karen Herbst het die geleentheid as ‘n sukses beskryf.

“Ons wil vir Lizette bedank en almal wat ons vergadering ondersteun het,” het Herbst bygevoeg.

Die Sakevroue se volgende vergadering gaan op 10 Augustus plaasvind (Vrouedag vergadering).

Verder organiseer die Sakevroue ‘n gholfdag op 28 Augustus te ERPM ten bate van SAVF Huis Dien Bothma.

Vir meer inligting, kontak Herbst by karen.herbst@sanlam4u.co.za.

LEES OOK: Oos-Rand Sakevroue begin jaar in styl

LEES OOK: Kyk video: Sakevroue sluit jaar saam met Die Campbells af

   

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button