Local newsNews

Wessels debuut nuwe treffer

Die liedjieskrywer Robbie Wessels se nuutste rugbysnit is ‘n ode aan die geliefde Springbok-slot Eben Etzebeth.

Die sanger en liedjieskrywer Robbie Wessels is behoorlik begeesterd deur die rugbywêreldbeker wat tans in Frankryk plaasvind en tref weer met nog ‘n rugbysnit – dié keer ‘n ode aan die geliefde Springbok-slot Eben Etzebeth.

Die liedjie, getiteld Eben Etzebeth, is uit Robbie se eie pen en vereer die speler vir sy vreesloosheid as rugbyspeler en sy ongelooflike talent vir die spel. Die lied se genre is ‘n kombinasie van folk en komedie en is ‘n lekker geesvang-liedjie met ‘n oulike storie.

“Ek dink Eben Etzebeth het al sulke diep spore in Suid-Afrikaanse rugby getrap dat ek gevoel het ‘n liedjie is in orde,” sê Robbie oor die inspirasie vir die liedjie.

“Ek het ook die voorreg gehad om hom te ontmoet by ‘n funksie net ná die Rugbywêreldbeker in 2019. Nadat ek met hom gesels het, het ek besef hier is ‘n ou met ‘n groot hart wat boonop nog nederig ook is en ek glo hy gan nog dieper spore trap as wat hy reeds het.”

Robbie sê hy geniet dit baie om rugbyliedjies te skryf en om iemand spesifiek te vereer, veral as die persoon ook dan van die liedjie hou.

Hy glo en hoop luisteraars sal die saamsing-liedjie baie geniet omdat dit ‘n lekker storie van Eben Etzebeth vertel en hoop die liedjie laat luisteraars op eie bodem ook trots Suid-Afrikaans voel.

LEES OOK: Rudi Claase vir 21ste jaar in die musiekbedryf

LEES OOK: Rudi Claase opnuut dankbaar met nuwe enkelsnit

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button