Local newsNews

KYK: Appel sorg vir aand om te onthou

Appel het gaste op hul voete gehad deur liedjies soos Lemoene, Foute en Nonna te sing.

Die Oos-Rand Sakevroue het weer hierdie jaar gesorg vir ‘n onvertgeetlike jaareindfunksie op 10 November by Summer Place.

Die sakevroue kon die jaar op ‘n hoogtepunt afsluit met die sanger en liedjieskrywer Christoph Kotze, ook bekend as Appel, wat gaste vermaak het.

Appel het die gaste op hulle voete gehad. Hy het liedjies gesing soos Lemoene, Jagter, Nonna, Foute en Sal jy bly, wat hy vir Theuns Jordaan geskryf het.

Lezelle Bold, Maria Jansen van Vuuren, Lynette Bryce en Gail du Toit.

Die sanger, wat ook al trefferliedjies geskryf vir kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld en Bok van Blerk het verduidelik hoe Jordaan hom gehelp het met sy loopbaan.

“Ek glo steeds hy is die beste manlike kunstenaar wat die land nog ooit gesien het,” het Appel gesê.

Na die vertoning het Appel se aanhangers tougestaan vir foto’s en handtekeninge.

Nog ‘n hoogtepunt van hierdie stylvolle geleentheid, waar mans ook verwelkom is, was die driegangmaaltyd.

Verder het die gaste teruggekyk na die jaar wat verby is en genetwerk.

Gaste wat deur die jaar die sakevroue toegespreek het sluit in Mike Bolhuis, Gretha Wiid en Ilze Steenkamp van Tjoko Paint.

Deel van die Sakevroue se bestuur is Karen Herbst, Isabel Blignaut, Appel (gaskunstenaar), Ingrid Delport, Louise Fick en Lorna Enslin.

Om dinge op te kikker het die sakevroue ook ‘n jenewer (gin) proe by The African Spirit Distillery gehou en die Benoni Lakes Bowling Club besoek.

Die sakevroue sal volgede jaar weer terug wees met ‘n opwindende program.

Om deel te word van die Oos-Rand Sakevroue, kontak Karen Herbst by Karen.herbst@sanlam4u.co.za

LEES OOK: Business women enjoy a day out on the green

LEED OOK: ERBW dazzled during Women’s Month meeting

   

Related Articles

Back to top button