High SchoolLocal newsNewsSchools

Waggies weer distrik wenners

Die skool het ‘n 99.4% slaagsyfer gedurende die 2023 matriek eksamen behaal.

Hoërskool Brandwag is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Ekurhuleni Noord Distrik se top skool aangewys.

Dié aankondiging is op 9 Februarie by Benoni High School gemaak waartydens hoërskole en matriekulante van die klas van 2023 vir hul prestasies gedurende die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) eksamens vereer is.

Dian Botha (geografie).

Met ‘n slaagsyfer van 99.4% sê skoolhoof James Wright dat hulle deurlopende sukses word aan die onderwyspersoneel se onstuitbare toewyding aan onderrig toegeskryf.

“Ons personeel is elk kundiges in hul onderskeidelike vakke en smee dus verhoudings gebou op vertroue met elke leerder,” het hy gesê.

Cassidy Harridge (besigheidstudies)

“Verder streef ons om te verseker dat elke klas toegerus is met die nodige toerusting vir optimale onderrig.”

Tydens die glans prysuitdeling het Surita du Plessis asook Anton Geyser elk toekennings ontvang as beste onderwysers in hul onderskeidelike vakke.

Juan-Michael Roux (inligtingstegnologie).

Du Plessis se toekenning is vir visuele kuns en Geyser vir rekeningkunde.

Drie Waggie matrieks het ook toekennings vir hul prestasies ontvang: Juan-Michael Roux vir informasietegnologie, Cassidy Harridge vir besigheidstudies en Dian Botha vir geografie.

LEES OOK: Brandwag spog met 99.4% slaagsyfer

LEES OOK: Brandwag leerling die fikste tiener in die land

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button