Waggies matrieks ingenome met uitslae
Hoërskool Brandwag se klas van 2024 het 'n 100% slaagsyfer vermag.
Met ‘n ingenome glimlag het Hoërskool Brandwag se hoof, James Wright, die klas van 2024 verwelkom toe hulle hul matriek uitslae op 14 Januarie ontvang het.
Met handdrukke en skaterlag het die leerders hul eie prestasies asook die skool se algehele 100% slaagsyfer gevier.
“Ek is ongelooflik trots op die determinasie wat die leerders dwarsdeur hul hoërskoolloopbaan vermag het,” het Wright gesê.

“Bestempel as die Covid-babas was dié groep se pad na Graad 12 oorskadu met onsekerheid, maar hulle het elke uitdaging aangegryp en hul toegespits om hul doelwitte te bereik.”
Die skool het verder hulde gebring aan Annika Terblanche en Ruan Nelson wat sewe onderskeidings ingepalm het.
LEES OOK: Brandwag kraai koning by rugby derby
LEES OOK: Brandwag spog met 99.4% slaagsyfer







