Local news

Voorskool groet geliefde hoof

“Ek is dankbaar vir my seisoen by die skool en wens elke leerder en opvoeder net die beste.”

Vir die afgelope dekade het Riana de Bruyn, uittredende hoof van Pikkewyntjies Voorskool Sentrum, in Rynfield, toegekyk hoe die skooltjie jaaliks gegroei het.

Die skool is in 2013 gevestig en was oorspronklik geken as ‘n Afrikaanse Christelike skool, waar kleintjies kon groei in kennis en geloof.

Later is Engelse klasse bygevoeg en die skool het verhuis na die Gereformeerde Kerk, in Miles Sharpstraat.

Na 10 jaar van passie en leiding, het Riana die skool en kleuters gegroet en die leisels aan An-Marie Jansen van Rensburg oorhandig.

LEES OOK: Kleuterskool vier 50ste bestaansjaar

LEES OOK: Tannie Poppie groet Ons Eie Kleuterskool na 45 jaar

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button