BRIEF: Wie sal luister na die inwoners?
Stuur jou briewe aan die redakteur na benonicitytimes@caxton.co.za.
Dewald Hattingh, Benoni, skryf:
Diegene in ampsposisies weet nie wat werklik in Benoni aangaan nie.
Hulle gee nie om nie en luister ook nie, dit blyk dat ons as inwoners nie belangrik genoeg is nie. Dit is hoe ons gewone belastingbetalers voel.
Om belasting te betaal is al lankal nie meer ‘n waarborg dat dienste sal verskaf word nie. Ons betaal vir elektrisiteit, maar sit in die donker.
Vullis word nie meer verwyder nie en rommel word geensins meer opgetel nie. Ons strate lê vol vullis wat net deur die wind rondgewaai word.
Die paaie bestaan uit meer slaggate, krane is droog terwyl sekere straatligte vir jare nie gloei nie en ander heeldag brand.
Is ons nie belanglik genoeg nie?
Dit blyk dat ons burgermeester glad nie belangstel om na haar inwoners te luister nie.
Daar is byna niks oor van ons infrastrukuur nie as gevolg van onbekwame mense in ampsposisies.
Daar word misbruik gemaak van inwoners. Ons beuries is leeg maar steeds word ons vir nog gebloei.
Ek het nog baie om te sê maar my batterye is finaal pap as gevolg van die langdurige kragonderbreking.
LEES OOK: Brief: Sinkgate vermeerder as gevolg van traag infrastruktuur onderhoud
LEES OOK: AfriForum bult spiere om paaie op te ruim







