Waggies paraat om Ons Winkel te ondersteun
Die kompetisie is reeds goed op dreef terwyl meer skole onderneem om deel te neem.
Leerders en personeel van Hoërskool Brandwag het op 22 Mei onderneem om aan Solidariteit Oos-Rand se Ons Winkel Skolekompetisie deel te neem.
Die Brandwag Gemeenskapsdiens (BGD) se koördineerder, Noelle Geeringh en Solidariteit Helpende Hand Oos-Rand streekorganiseerder, Matiolette Vorster, het met behulp van die organisasie se wollerrige gelukbringers die kompetisie by die skool van stapel gestuur, tot die opgewondenheid van die leerders.
“Waggies is daarop toegespits om nie slegs ‘n helpende hand te bied aan ons leerders nie, maar om by te dra tot die volhoubare hulpverlening aan die gemeenskap,” sê Noelle.
“Ek hoop dat ons leerlinge hope skenkings aan die projek sal maak om ons dus in aanmerking te laat kom om die prysgeld los te slaan.”

Dit is hoe die kompetisie werk:
Skenk items soos klere, linne, kombuisware, meubels en elektriese toestelle aan Ons Winkel, Sesdelaan, Northmead of handig dit in by ‘n deelnemende skool.
Skenkings word verkoop by Ons Winkel en fondse word aangewend om die organisasie se gemeenskapsprojekte te befonds.
Vir elke donasie sal die donateur ‘n koepon ontvang wat in die koeponhouer geplaas word.
Die skool met die meeste koepons, aan die einde van die jaar staan ‘n kans om R25 000 te wen.
Groter items sal op aanvraag afgehaal word.
Vir meer inligting of om kolleksies te reël, skakel Derick Geldenhuys op 073 227 0331.
Skole wat belangstel om deel te neem aan die kompetisie, kan Mariolette op 078 523 2705 skakel of stuur ‘n e-pos aan mariolette@helpendehand.co.za.
LEES OOK: Solidatiteit se welsynwinkel is nou oop in Northmead
LEES OOK: Nuwe takbestuurder by Helpende Hand







