NewsSchools

Storm rig enorme skade aan by EG Jansen

Die skool se faktotum, Frikkie Coetzee, glo die storm het meer as R100 000 se skade aangerig

‘n Swaar reënbui en sterk wind wat skaars 10 minute geduur het, het Dinsdagmiddag (1 Desember) grootskaalse skade by Hoërskool Dr EG Jansen aangerig.
Die skool se pawiljoen se dak en spreiligte is beskadig en die wind het verskeie kleedkamers se dakke afgeruk. Daar is ook skade aan die parkeerarea se skadunet.
Volgens die skool se Faktotum, Frikkie Coetzee, beloop die skade oor R100 000.
“Ons wag nog vir die versekering om ons oor die finale bedrag in te lig. Ek en die hoof het na die beeldmateriaal op die kameras gekyk. Alles was nog kalm en die volgende oomblik sien mens net hoe bome en dakke waai. Dit het baie vinnig gebeur,” het Coetzee verduidelik.


Volgens Chrizanne Pretorius, skakelbeampte van die skool, is niemand in die voorval beseer nie.

Die storm het ook ‘n boom in Suikerbekkiestaat op pad na Hoërskool Oosterlig se hoofingang ontwortel. Nette op die skool se pawiljoene is ook beskadig.

Lees Ook: Is Ekurhuleni ready for chaos rainy season brings to the City’s roads?

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button