Local newsNews

Susan Badenhorst Kommando-verkenners verwerf gesogte toekennings

Die Kommando is trots op die leerders se prestasies

Drie verkenners van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is onglangs op nasionale vlak vereer.
Zelné Botha, wat verlede jaar ’n Graad Sewe leerder te Laerskool Witfield was, het die Voorslag-toekenning verwerf.
Dit is die hoogste toekenning wat ’n voortrekker kan kry in hulle laerskoolloopbaan.
“Graad Sewes verwerf die Voorslag-toekenning nadat hulle aan die vereistes van die Voorslagproses voldoen het. Die proses sluit in die bywoning van ’n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooïng van ’n sekere aantal spesialisasies, belofte spesialisasie en aantal jare diens in Die Voortrekkers,” het Gerhard Marais, kommandoleier, verduidelik.
Verder het twee matrikulante van 2020, Chantezé Marias (Hoërskool Dr EG Jansen) en Chené Thompson (Hoërskool Oosterlig), die gesogte nasionale Presidentsverkenner-toekenning verwerf.

Zandra Machin (gebiedsleier van Gauteng), Gerhard Marais (kommandoleier), Zelné Botha (verkenner) en Dr Danie Langner (hoofleier).

Die Presidentsverkenner-toekenning, ’n toekenning vir kulturele leierskap, is die hoogste eerbewys wat ’n Voortrekker kan kry.
“Verkenners van Die Voortrekkers in Graad 12 verwerf die toekenning nadat hulle aan die vereistes van die Presidentsverkennerproses voldoen het. Die proses sluit in die bywoning van ’n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooïng van ’n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando en ’n vereiste aantal jare diens by Die Voortrekkers. Tweedens, die slaag van die nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen. Derdens die suksesvolle voltooïng van die Nasionale Presidentsverkenner Webinaar, ’n eerste vir die Voortrekkers, wat oor die langnaweek in Augustus 2020 aangebied was,” het Marais gesê.
Marais het namens die Kommandodagbestuur die leerders en hul ouers geluk gewens met die toekennings.
“Ons is trots op hierdie verkenners. Dit is voorwaar ’n besondere prestasie om hierdie toekennings te ontvang, veral as ’n mens die pandemie in ag neem,” het hy bygevoeg.

Lees Ook: Verkenner van plaaslike kommando skenk hondekos aan DBV

Lees Ook: Helpende Hand Boksburg ontvang welkome donasie

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button