Krag is herstel in Impala Park
Ingeneurs en tegnici van die Ekurhuleni Metro Munisipaliteit het weereens Donderdagaand, Maart 13, dwarsdeur die nag op die hoek van Elizabeth en Atlas weg gewerk om die elektrisiteit in Impala Park te herstel.

Volgens wyksraadslid, Andrè du Plessis, is die probleem op die tweede toevoerlyn nou finaal uitgesorteer en inwoners se elektrisiteit is sedert Donderdag nag en Vrydag oggend herstel.
Die buurt is sedert Dinsdagaand, Maart 11 ongeveer 6nm, sonder elektrisiteit weens kabelfoute op die twee-toevoer lyne wat met die gebied se substasie verbind is.
Woensdag is elektrisiteitslading deur Impala Park roteer, sodat alle inwoners die geleentheid het om die water in hul geyser te verhit en om die inhoud in hul yskaste en vrieskaste te verkoel.
Du Plessis bedank die Direkteur van Operasies by die metro se Departement van Energie, Hannes Roos, en al die spanne wat nagte deurgewerk het om die problem op te los en wat hom heeltyd op hoogte gehou het van verwikkelinge.



