Hierdie twee is sommer dadelik sterre en reg vir al die harde werk in Graad Een
Laerskool Concordia was omtrent in rep en roer op die eerste skooldag (9 Januarie).
Netjiese Graad Een leerlinge het soos eendjies vinnig in rye gestap met groot strikke in die hare en nog groter tasse op die rûe.
Die nuwe Graad Eentjies is meer as gereed om te begin werk.
Die mammas en pappas het meer trane gepik as die kinders en die onderwysers het beslis ’n groot taak wat vir hulle wag.
Die klasse is met helder kleure versier en elke Graad Een leerling is met ’n glimlag verwelkom. Hulle kon dadelik ’n plekkie in die klas kry om te sit en het sommer vinnig begin inkleur.
Die skool het behoorlik gegons met kameras wat flits en hande wat waai.
Zelda Nienaber is opgewonde saam met haar seun Ruaandré vir die groot jaar.
Nicolas Costa is in die Popcorn klas en is baie entoesiasties om in Graad Een te wees. Hy kan nie wag om die hoof, Christo Lodder, te ontmoet nie.
Anika Pretorius is trots op haar dogter Leané wat vandag met Graad Een begin. Behalwe vir haar tas wat swaar is, is Leané baie opgewonde om te lees en skryf.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!