Local newsNews

Tekenkompetisie en kinderverhaal deur JK Rowlin gratis aanlyn

Kinders word genooi om hulle kunswerk voor te lê aan LAPA en die beste tekeninge sal in die gedrukte boek opgeneem word

‘n Afrikaanse vertaling van die gratis aanlyn vervolgverhaal Die Ickabog deur JK Rowling, is vanaf 1 September beskikbaar.

JK Rowling het Die Ickabog meer as 10 jaar gelede geskryf as ‘n slaaptydstorie vir haar jonger kinders en het besluit om hierdie gesinsgunsteling te deel om kinders, ouers en versorgers te vermaak tydens die bykans wêreldwye inperking.

Luidens ‘n verklaring van LAPA Uitgewers is die eerste drie Engelstalige hoofstukke is reeds 26 Mei op www.theickabog.com geplaas, daarna het nuwe stukke elke weeksdag tot en met 10 Julie verskyn.

Die Ickabog, wat geskryf is om hardop voorgelees te word, is ‘n sprokieverhaal wat in ‘n denkbeeldige land afspeel. Dit is ‘n nuwe verhaal en hou geen verband met die skrywer se ander werk nie. Die teikengehoor is kinders tussen sewe en 12, maar die hele gesin sal die storie geniet.

“Die Afrikaanse verhaal word ook gratis aanlyn gepubliseer. Dit sal in November in boekvorm verskyn by LAPA Uitgewers. Rowling sal al haar tantieme skenk aan projekte om groepe te help wat benadeel word deur die Covid-19-pandemie, beide in die Verenigde Koninkryk en internasionaal,” lui die verklaring.

Kinders word genooi om hulle kunswerk voor te lê aan LAPA en die beste tekeninge sal in die gedrukte boek opgeneem word. Besoek www.theickabog.com.

“Soos die verhaal ontvou, word ouers en voogde aangemoedig om hul kinders se kunswerke te deel. Dit is ‘n amptelike illustrasiekompetisie wat deur LAPA Uitgewers aangebied word. Die beste werke staan ‘n kans om ‘n plek in die gepubliseerde boek te kry. JK Rowling sal nie deel uitmaak van die beoordelingsproses nie.

“Deur die hutsmerke #TheIckabog en #DieIckabog te gebruik, word kinders (of hul ouers/voogde vir kinders jonger as 13) aangemoedig om hul ongelooflike skilderye en tekeninge op sosialemediaplatforms ten toon te stel.”

Meer inligting oor die kompetisie en die eerste Afrikaanse hoofstukke is vanaf 1 September om 9vm beskikbaar by www.ickabogkompetisie.co.za.

Die gedrukte Afrikaanse boek sal gedurende November by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar wees.

Verskeie aanlynwinkels sal die geleentheid skep om die boek vooruit te laat bestel en gewone boekwinkels sal klante kan adviseer hoe om seker te maak hulle kry die storie so gou as moontlik in die hande.

LEES OOK: 

Ronel se nuutste boek binnekort in Afrikaans beskikbaar

LEES OOK: 

Plaaslike jong skrywer stel nuwe werk vry

   

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button