Local newsNews

Kry ‘n eeu van Boksburg se geskiedenis op jou boekrak

Die boek is saamgestel deur destydse administrateur van Transvaal Willem Cruywagen en bevat stories en inligting oor die beginjare en geskiedenis van Boksburg

Versamel jy antieke boeke of het jy dalk die begeerte om op te lees oor die geskiedenis van Boksburg?

Dan het Sakkie du Plooy, een van die direkteure van ’n familiebesigheid in Boksburg-Noord wat spesialiseer in die oordoen van petrol- en dieselenjins, net die boek vir jou.

Volgens du Plooy is die boek, Boksburg Die Eerste Honderd Jaar, van ongeveer 24 bladsye, al vir meer as ’n 100 jaar in sy familie.

Die boek is saamgestel deur destydse administrateur van Transvaal Willem Cruywagen en bevat stories en inligting, meestal in Afrikaans, oor die beginjare en geskiedenis van Boksburg.

’n Uitreksel uit die boek.

Daar is ook foto’s van hoe plekke soos die Boksburgmeer, Boksburg-burgersentrum en die ou poskantoor (wat in 1888 geopen is) donkiejare terug gelyk het. Die sekretaris, Dr WE Bok, na wie Boksburg vernoem is, verskyn ook in die boek.

In die voorwoord skryf Cruywagen onder andere: “By ’n terugblik op die gebeure wat die afgelope 100 jaar in Boksburg afgespeel het, word ’n mens bewus van die bydrae van waardige voortgangers wat onder moeilike omstandighede die pioniersgemeenskap gevestig het.”

Du Plooy het gesê die boek is vir hom spesiaal omdat sy voorvaders dit al die jare soos goud opgepas het, maar nou gaan hy volgende jaar Mosselbaai toe verhuis en wil graag hê die boek moet in Boksburg bly.

“Ek gaan aftree en ongelukkig woon my kinders, Rudolf du Plooy en Mariska Burger, nie in Boksburg nie. Daarom wil ek dit graag verkoop aan iemand wat in Boksburg woon en dit sal waardeer,” het hy verduidelik.

Vir meer inligting, kontak Du Plooy by 011 740 8422 of 072 902 0966.

Lees Ook:Voormalige skoolhoof vier 90ste verjaarsdag

Lees Ook: Voormalige burgemeester Abe Meyer sterf

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button