Local newsNews

Plaaslike entrepreneur mik vir Sterstatus

Dié program bied die geleentheid aan jong dames om hul merk te maak in die vermaakbedryf.

Freeway Park se Courteney Abrie (21) gaan nou op die kassie te sien wees as ’n finalis in die derde seisoen van Sterstatus.

Dié program bied die geleentheid aan jong dames om hul merk te maak in die vermaakbedryf. Sterstatus is ’n jaarlange veldtogkompetisie wat aangebied en op Via, DStv kanaal 147 uitgesaai word.

Abrie, die eienaar van Fitness Evolve online training en Fitness Evolve Apparel, is opgewonde om deel te wees van die Apprentesses SA reeks.

“Ek was sprakeloos toe ek uitvind ek ’n finalis is tussen so ’n sterk groep meisies. Ek het vir die kompetisie ingeskryf om ’n verskil te maak en om ander positief te beïnvloed. Ek wil nie net fisies groei nie, maar ook emosioneel.

Courteney Abrie droom daarvan om in die toekoms haar eie gimnasium op te maak om haar klerehandelsmerk plaaslik en internasionaal uit te brei. Foto: Verskaf

“Dit was gelukkig ook nie die eerste keer dat ek voor die kameras verskyn nie. Ek was ook al in Binnelanders en Legacy te sien,” het sy gesê.

Abrie het vertel dat sy reeds bereik het wat sy wou op Sterstatus.

“Om selfvertroue op te bou en self-liefde was vir my die belangrikste elemente om aan te werk. Tydens die program het ek besef dat jy nie altyd kan lyk soos op sosiale media nie. Mens het af dae waar jou grimering, hare en wimpers nie perfek lyk nie, en dit is oukei.

“Sosiale media skep so ’n wanindruk van ons as meisies en wat van ons verwag word. Aanvaar jouself en ‘embrace’ jou onsekerhede. Moet nooit in jouself twyfel nie. Weet dat jy uniek is. Jy is waardevol.”

Dit was vir Abrie ook ’n eer om as ’n finalis mense te ontmoet soos die sangeres Irene-Louise van Wyk en TV-persoonlikheid Eloise Cupido.

“Tydens my Sterstatus-reis het ek ook ’n paar ongelooflike borge bygekry soos Vevi Aesthetics, Heavenly Hair en Grondpad Vellies. Verder het ek fotosessies saam met Wildebees en Shapewear shop gedoen.

“Ek wens ek kon meer oor die program sê, maar gelukkig is dit bekengemaak dat seisoen drie van Sterstatus se uitsending begin op 22 Julie,” het sy gesê.

Volg haar op Facebook en Instagram (Courteney Abrie).

ALSO READ: Colleen praat oor haar deelname aan realiteitsreeks Ster-Status

ALSO READ: Plaaslike Apprentesses SA wenner nou ‘n TV-aanbieder

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button