Local newsNews

Goue Laerskool Baanbreker paartjie tree af

Die egpaar was vir meer as 30 jaar betrokke by Laerskool Baanbreker.

Twee jarelange onderwysers en goue paartjie van Laerskool Baanbreker, Jan Adriaan (Barabas) en Isabella Elizabeth Venter (née Ferreira), het besluit om die tuig neer te lê.

Jan en Isabella tree albei af op 30 Junie na ongeveer drie dekades by die skool.

Die 62-jarige Jan het sy studies aan die Goudstad Onderwys Kollege in 1982 voltooi.

Hy het op 1 Januarie 1983 as ’n Graad Drie basiese tegnieke en aardrykskunde onderwyser by Laerskool Baanbreker aangesluit.

“Hy was ’n pligsgetroue en gedissiplineerde onderwyser. Elke taak aan hom opgedra, word onmiddelik aangepak en nougeset uitgevoer. Jan word altyd in sy klas aangetref waar hy konstruktief besig is met leerders,” het Francina Stroebel, woordvoerder van Laerskool Baanbreker, gesê.

Die onderwyser het in 1993 bevordering gekry as departementshoof.

In sy jong dae het Jan ook uitgeblink op die sportveld.

Hy het vir die Transvaalspan gestoei van 1976 tot 1979 en was ook deel van die Junior Springbokspan in 1979.

Rugby was ook een van sy passies en van 1980 tot 1982 het hy vir Transvaal gespeel. In 1983 draf hy uit vir die Vrystaat en weer vir Transvaal van 1985 tot 1991. In 1991 was hy die kaptein van die span wat deelgeneem het aan die Curriebeker-finaal.

Hy maak geskiedenis deur die eerste speler te word wat met ’n nommer 100 op ’n rugby trui op die veld verskyn. Hy verteenwoordig die Vrystaat in 19 wedstryde en Transvaal in 109 wedstryde.

Verder was hy ook die enigste lid van die Judo TOK-span wat teen die Amerikaanse o-21-span deelneem en sy gewigsafdeling wen.

Jan Adriaan en Isabella Elizabeth Venter in hul jonger dae. (Foto: Verskaf)

Isabella (60) het haar studies ook aan die Goudstad Onderwys Kollege voltooi, maar in 1983. Sy is vanaf 25 April 1984 as onderwyseres in ’n permanente aflos hoedanigheid by Baanbreker betrokke by die Graad Vier-klas.

“As gevolg van haar deeglike voorbereiding en lesbeplanning behaal sy goeie resultate met haar leerders. Sy is werklik lief vir die leerders in haar sorg en maak bemoeienis met elke kind,” het Stroebel gesê oor Isabella.

Op 5 Oktober 1985 trou Bella en Barabas en word hul die goue paartjie van Banies.

“Hulle is ’n paartjie wat mekaar steun. Hulle liefde, opregtheid en aanvaarding teenoor mekaar is definitief iets wat elkeen in hulle huwelik wil toepas

Baanbreker wens dat God julle met Sy krag sal lei, God se mag jul sal vashou, God se hand jul sal bewaar, God se wysheid julle sal lei en God se liefde julle hart sal vul,” het Stroebel bygevoeg.

ALSO READ: O, die Baanbreker Voortekkers het ‘n perd, ‘n blink stokperd

ALSO READ; Baanbreker Voortrekkers geniet jaarlikse kerkdiens

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button