Local newsNews

Plaaslike dansers blink uit

Die eienaar van Center Stage, Tonia Veldman, is trots op die dansers se prestasies.

Dansers van die Center Stage Dance Sudio in Boksburg het onlangs uitgeblink in die Con Spirito en Vivarte Eistoddfod-kompetisies wat onderskeidelik te Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid en Laerskool Concordia gehou is.

Dis dansskool het die volgende uitslae behaal:

Con Spirito
Centre Stage het vyf A+++, 34 A++, 37 A+ en 13 A verwerf.

Vivarte
Center Stage het agt A +++, 30 A ++ en 33 A+ verwerf.
Van die dansskool se studente het ook in groepe deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die kontemporêre groep, Army, het ’n 98% by Vivarte en Con Spirito losgedans. Die Superhero-groep het 93% (Vivarte) en 98% (Con Spirito) gekry.

Verder het die skool se hip-hop-groep, Here come the police, 93% en 95% behaal.

Die eienaar van Center Stage, Tonia Veldman, is trots op die dansers se prestasies.

ALSO READ: Tackling the ballet exams

ALSO READ: Local dancer crowned Miss Body Beautiful Teen SA

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button