Plaaslike TikTok-ster vat sy verhouding na nuwe vlak met beloofring
Die TikTok-ster het die ring, met ’n unieke Moissaniet-steen, van Southern Star Gems se webwerf, gekies.
Meer as 45 000 mense het onlangs gekyk hoe die gewilde TikTok-ster van Parkrand, Roberto de Gouveia (K1ngBert0), sy verhouding met Chané Grobler na die volgende vlak toe neem deur haar met ‘n beloofring te verras.
As ’n paartjie was hulle ook nog altyd baie oop oor hulle verhouding. Daarom is dit nie ’n verrassing dat K1ngBert0 besluit het om Chané se verrassing in ’n video oor die nuutste mylpaal in hulle verhouding met die wêreld te deel nie.
Hy het onlangs Chané se voete onder haar uitgeslaan deur ‘n beloftering aan haar vinger te steek om sy liefde en toewyding aan haar en hulle verhouding te bevestig.
“Chané is ’n ongelooflike vrou en ek het al baie vir haar gesê dat sy die een is met wie ek eendag wil trou. Hierdie is ’n simbool van daardie belofte wat sy by haar kan dra en wat haar aan my kan herinner wanneer ons nie saam is nie,” het hy verklap oor die rede agter hierdie romantiese gebaar.
Chané, wat niks vermoed het nie, was absoluut mal oor haar geskenk.
“Dit beteken die wêreld vir my, omdat dit wys dat hy net so toegewyd is aan ons verhouding soos ek en dit bedoel wanneer hy sê dat hy vir altyd saam met my wil wees. Dit wys my dat sy liefde opreg en eg is,” het sy gedeel.
Die TikTok-ster het die ring, met ’n unieke Moissaniet-steen, van Southern Star Gems se webwerf, gekies.
“Ek het van hierdie tipe stene te hore gekom en toe ek begin navorsing doen, het ek ontdek dat dit nie net meer skitter nie, maar ook omgewingsvriendelik is,” het hy verduidelik.
K1ngBert0 het 1.1 miljoen volgelinge (#TheRoyals) op TikTok (@k1ngbert0) en naby 47 000 op Instagram (@k1ngbert0).
Chané is ’n 20-jarige bekroonde inhoudskepper, handelsmerkverteenwoordiger en sosialemedia-invloeder, met meer as 2.4 miljoen aanhangers op TikTok (@chanegrobler) en naby 96 000 op Instagram (chane_grobler18).
Om Chané se reaksie op KingBerto se verrassing te sien, volg dié skakel: https://vm.tiktok.com/ZSJWNhtd7/
Also Read: Easy ways to take charge of your TikTok safety
Also Read:Parkrand TikTok influencer a big hit
![]()
![]()
![]()
![]()



