Local newsNews

Ons wil hoor van raadslidkandidate

Vertel ons, in nie meer as 150 woorde nie, waarom kiesers jou stem verdien.

Na die konstitusionele hof van Suid-Afrika se beslissing dat die munisipale verkiesing nie vanjaar uitgestel word nie, sal inwoners op 1 November hul kruisies kan gaan trek.

Die Advertiser streef daarna om ons lesers te help om ingeligte besluite te neem en nooi alle politieke partye se wyksraadslidkandidate (asook ander kandidate) uit om die geleentheid te benut om hulself aan die kiesers voor te stel deur die Advertiser.

Kandidate kan in 150 woorde inligting aanstuur, waarom inwoners u stem verdien. Die sluitingsdatum hiervoor is 13 Oktober.

Kandidate kan ’n e-pos aan boksburgadvertiser@caxton.co.za stuur en die onderwerp moet die volgende insluit: 2021 Munisipale Verkiesing, die kandidaat se naam en van, wyk en politieke affiliasie.

’n Foto van uself met die beskrywing (wat nie die 150 woorde limiet mag oorskry nie) moet ook ingesluit word.

• Die Advertiser onderskryf geen spesifieke politieke party of kandidaat nie en is slegs daarop gemik om ons lesers te help om ’n ingeligte besluit te neem.

Lees Ook: Ward councillor candidates: We want to hear from you

Lees Ook: Ward councillor celebrates Women’s Day in Windmill Park

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button