Local newsNews

Inwoner skenk 300ste eenheid bloed

Milligan, 'n afgetrede ambagsman, het begin bloed skenk in 1968 toe hy 18 was.

Beyers Park se Pieter Milligan het al ongeveer 900 lewens gered deur ‘n bloedskenker te wees.

Dié 72-jarige het onlangs sy 300ste eenheid bloed geskenk aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens.

Milligan, ‘n afgetrede ambagsman, het begin bloed skenk in 1968 toe hy 18 was.

“In daardie jare kon jy eers begin bloed skenk as jy 18 is. Daar was ‘n bloedskenkdag gehou by my werk, en dit is waar ek vir die eerste keer geskenk het,” het hy gesê.

Sedertdien het Milligan getrou ses keer ‘n jaar bloed geskenk tot en met die ouderdom van 65. Daarna het hy vier maal ‘n jaar geskenk.

“Ek het net drie keer nie geskenk nie, en dan was dit net as ek regtig nie kon nie. Nou is ek in my noppies omdat ek my 300ste eenheid bloed geskenk het.”

Milligan het ander mense aangemoedig om bloed te skenk.

“Jy kan ongeveer drie mense se lewens red as jy ‘n eenheid bloed skenk. Die wete dat my bloed iemand gaan help het my al die jare gemotiveer om bloed te skenk.

“Omdat ek ouer is kan ek nie meer so baie bloed skenk nie, maar ek sal aanhou skenk solank ek gesond is,” het hy byvoeg.

Sy toewyding is ook raakgesien deur die nasionale bloedbank. Hy het al verskeie medaljes vir sy bydrae ingepalm.

Lees Ook: #Concordiabloedskenk: skenk hierdie maand bloed by Concordia

Lees Ook: #Concordiabloedskenk: 58 eenhede bloed ingesamel in Augustus

     

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button