NewsSchools

Oosterlig lewer nasionale skut op

Agt leerders van die Oosterlig-span verwerf Ekurhuleni-kleure.

Hoërskool Oosterlig se boogskiet-leerders het onlangs aan die Nasionale Boogskietkompetisie deelgeneem.

Die skool behaal ’n algehele derde plek by die kompetisie, met ’n totale puntetelling van 3 222.

Agt leerders van die Oosterlig-span verwerf Ekurhuleni-kleure. Hulle is Stephan Booyens, Lourens Jacobs, Serika Janse van Rensburg, Kayleigh van Helden, Toané Barnard, Franco Botha, Hannes Smith en Arnold Smith.

Van Helden is ook tot die NASP-SA Junior Nasionale-span verkies wat Suid-Afrika by die kampioenskappe op 11 en 12 Desember by Curro Akademie Riverside gaan verteenwoordig.

Oosterlig bedank Ev Leathley (ouer) wat aan die stuur van die Purfecto-span is en die administrasie behartig.

Lees Ook: Oosterlig spog met top sprekers

Lees Ook:Oosterlig se nuwe hoofleiers is gereed om die leisels oor te neem

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button