NewsSchools

Oosies blink uit by FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo

Oudergewoonte het die Oosies uitstekende uitslae ontvang.

Hoërskool Oosterlig het hierdie jaar, te midde van uitdagende omstandighede, steeds gewoeker en vir die heel eerste keer aan die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo deelgeneem.

Die ekspo is ‘n prestige skryf- en kreatiewe kunskompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Hierdie jaar se tema was #boeke, en onder leiding van die Afrikaanse departement het die Oosies nie teruggestaan nie.

Leerders kon deelneem aan verskeie kategorieë, onder andere Dagboekinskrywings, Kortverhale, Resensies, Poësie, Opstelle asook Teken- en Skilderkuns.

Skole landswyd kompeteer om uit te blink in hul moedertaal.

Leerders én studente van regoor die wêreld kan aan hierdie kompetisie deelneem. Inskrywings is volgens uiters streng kriteria deur ‘n paneel kundiges en baanbrekers beoordeel. Soos gewoonlik het Oosterlig gewys waar Dawid die wortels gegrawe het en het skitterende uitslae ontvang. Uit 61 inskrywings, spog Oosterlig met 19 A’s (80-100%) en 28 B’s (70-79%).

Lees Ook: Oosterlig lewer nasionale skut op

Lees Ook: Oosterlig se nuwe hoofleiers is gereed om die leisels oor te neem

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button