Verkenners sluit jaar op hoë noot af
Die Baanbreker Voortrekker Kommando het tydens hul jaarafsluitingsfunksie op 12 November die Voortrekkers se kentekens wat hulle gedurende die jaar verwerf het aan hulle oorhandig, asook 'n sertifikaat waarin elkeen bedank word vir sy volgehoue lidmaatskap gedurende die pandemietyd. Trofees is ook tydens die funksie oorhandig. Die trofee vir die beste volwasse lid word gedeel
Die Baanbreker Voortrekker Kommando het tydens hul jaarafsluitingsfunksie op 12 November die Voortrekkers se kentekens wat hulle gedurende die jaar verwerf het aan hulle oorhandig, asook ‘n sertifikaat waarin elkeen bedank word vir sy volgehoue lidmaatskap gedurende die pandemietyd.
Trofees is ook tydens die funksie oorhandig. Die trofee vir die beste volwasse lid word gedeel deur offisiere Sonja Stander en Charlene Lombaard. Trofeë vir die beste Penkop en Drawwetjiespan is oorhandig aan die Uilespan van Graad Ses en die beste Verkennerspan was die Graad 10 Leeuspan.
Die beste Verkenner is AJ Stander en die beste junior lid word gedeel deur Angelique Coetzer en Elizna Lombaard.
‘n Aantal nuwe lede is ook tydens die funksie as Voortrekkers ingelyf.
“Die jaar 2022 beoog die kommando weer ‘n vol program met kommando-uitstappies, ‘n kommandokamp, byeenkomste, die jaarlikse speletjiesaand, karwasdag en sommer lekker Voortrekker dinge. Daar sal ook vir ons jeuglede se ouers die geleentheid gegee word om meer betrokke te raak,” het Hennie Venter, kommandoleier, gesê.
Vir enige inligting kan Venter by 083 560 7574 gekontak word.
Lees Ook: O, die Baanbreker Voortekkers het ‘n perd, ‘n blink stokperd
Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers geniet jaarlikse kerkdiens








