Groentjies Kleuterskool se kinders en het kos op 12 November ingesamel en vir die Boksburg DBV geskenk om dankie te se vir al hulle harde werk met die diere wat hulle moet versorg.
Hulle het ook boeke vir die boekwinkel geskenk, wat op die perseel van die DBV is, om te verkoop om fondse in te samel vir die DBV.
Vicky Finnemore, bestuurder van die plaaslike DBV, het haar dank uitgespreek oor die skenking.
“Baie dankie aan die kleuterskool vir die skenking. Dit gaan ons veral nou help omdat ons hierdie tyd van die jaar meer diere inkry om na om te sien,” het Finnemore gesê.
Lees Ook: Baanbreker skenk klere aan Boksburg DBV
Lees Ook: Support the cheerful Boksburg SPCA Christmas Cheer Fund



