Local newsNews

Witfield Park-inwoners geniet volkspele optrede

Lede van Laerskool Suiderland van Germiston en Laerskool Vaalrivier in Vanderbijlpark het ook gehelp met die optrede.

Inspan Volkspelelaer van Boksburg het op 20 November ’n volkspele optrede te Witfield Park Afree-Oord se saal gereël met die doel om die oord se inwoners te vermaak.

Lede van Laerskool Suiderland van Germiston en Laerskool Vaalrivier in Vanderbijlpark het ook gehelp met die optrede.

“Dit was ’n gesellige oggend en daar was ’n heerlike ontspanne atmosfeer in die saal, met toeskouers wat uit volle bors saamgesing het.

“Ons het ook na die optrede inwoners bederf met iets soets. Die huiskomitee, onder leiding van Lina Marais, het die roomys bedien. Dankie vir almal se teenwoordigheid en samewerking om van hierdie oggend ’n sukses te maak. Inspan sluit hul byeenkomste vir die jaar binnekort af. Hou hierdie spasie dop vir nuus in Januarie 2022,” het Marita van der Walt, sekretaresse van die laer, gesê.

Vir meer inligting oor die laer, kontak Stiaan van der Walt by 079 473 7385 of Marita by 074 116 5497.

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button