Local newsNews

Stylvolle afsluiting vir die Oos-Rand Sakevroue

Die gaskunstenaar het die gaste op hulle voete gehad en hul het lekker gesing en gedans.

Die Oos-Rand Sakevroue het hul jaar op ‘n stylvolle noot afgesluit met ‘n gala ontbyt te Summer Place op 27 November.

Met ‘n heerlike ontbyt en Liezl Pieters, die sangeres met die kragtige stem, as die gas was die funksie een vir die boeke. Die tema van die geleentheid was Gatsby.

Ingrid Delport (ondervoorsitter) het die gaste verwelkom en almal bedank vir hulle ondersteuning.

“Sy het genoem dat dit ‘n baie moeilike jaar was vir van ons lede en dat van hulle geliefdes aan die dood afgestaan het. Sy het ook mooi gebid en gaste aangemoedig om uitstallers te ondersteun,” het Karen Herbst, voorsitter van die Oos-Rand Sakevroue verduidelik.
Pieters het begin sing en daar was baie emosies tussen die gaste.

“Sy het haar bekende liedjie Asemloos gesing (wat deur twee miljoen mense op YouTube gekyk is), asook Droë Riviere (wat 1.6 miljoen mense op YouTube gelok het).

Pieters het die gaste op hulle voete gehad en hul het lekker gesing en gedans.

“Die gaste het ‘n smaaklike voorgereg geniet tewyl sy haar eerste sessie gesing het. Na ontbyt het ons die gelukkige trekkings en pryse wat die gaste gewen het, uitgedeel. Ons het R10 kaartjies gekoop waarvan die gaste ‘n mooi Mercedes Benz vir ‘n naweek kon wen.

“Dit het ons na ontbyt getrek. Ons het ook twee gelukkige trekkings per tafel gedoen en die gaste het oulike geskenke gewen,” het Herbst gesê.

Volgens Herbst was die hoogtepunte van die jaar ‘n besoek aan die bekende juwelier Jenna Clifford en optrede van Gerhard Steyn by een van hulle vergaderings.

“Ons is n kommitee van vyf dames en ek wil hulle bedank vir al hul entoesiasme en absolute pligsgetrouheid aan die Oos Rand Sakevroue. Sonder hierdie vier dames was niks moontlik nie. Ingrid Delport, Lorna Enslin, Tertia Schalkwyk en Anttionette du Toit – ons maak n gedugte span.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button