NewsSchools

‘n Jolige afsluiting vir Concordia se Graad Sewes

Die leerders is gereed vir die hoërskool.

Laerskool Concordia se Graad Sewe leerders het onlangs hul skool in styl vaarwel toegewens.

Die afsluiting het met ‘n saalopening begin. Daarna het die leerders deur ‘n spesiale hekkie in die skool geloop om hul era by die skool af te sluit.

In 2019 het dié nuwe tradisie by skool begin waar Graad Een leerlinge deur die hek stap om amptelik deel te word van die skool. Die leerders stap dan weer uit die hek as hul hulle laerskoolloopbaan by Concordia voltooi het.

Charel Blignaut, hoof van die spogskool, het ‘n kragtige boodskap aan die leerlinge oorgedra en die Graad Sewes sterkte toegewens vir die toekoms.

Verder het van die leerders hul pette in die lug gegooi wat die vreugde van die leerlinge se graduering van laerskool simboliseer.

Lees Ook: #Concordiabloedskenk: 57 eenhede bloed in Oktober ingesamel 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button