Geloftedag gevier by Klipkerk
Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou, wat belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg welkom is om by te woon.
Ter veriering van Geloftedag het lede van die gemeenskap op 16 Desember ’n Geloftediens te Klipkerk in Voortrekkerstraat geniet.
Vanjaar het ds Janrè van Jaarsveld van die Gereformeerde Kerk in Boksburg die diens gelei.
“Dominee se tema was die gelofte wat afgelê is deur die boere by Bloedrivier en dat die dag altyd gedenk sal word.

“Weens die vierde vlaag van Covid-19 was die opkoms kleiner as gewoonlik, maar ons is tevrede met hoeveel mense die diens ondersteun het. Groot dank aan ds van Jaarsveld wat die diens waargeneem het en sy gemeentesusters wat verversings verskaf het. Ons bedank ook die publiek wat die reën trotseer het om die diens by te woon.
“Ons vertrou dat ons in 2022 weer die Klipkerk kan volsit om saam God ter vereer,” het Alta Prinsloo, deel van die Geloftekomitee, gesê.
Lees Ook: Groot bywoning by Geloftediens
Lees OOk: Ondersteun Geloftediens te Klipkerk



