Local newsNews

EG Jansen soek weer jou bloed

Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.

Hoërskool Dr EG Jansen nooi die publiek uit om op 24 Januarie sy eerste bloedskenkdag van die jaar te ondersteun ten bate van SANBD.

Die skool is te Rietfonteinweg 97 geleë en die span van die nasionale bloedbank sal van 07:00 tot 16:00 gereed wees om skenkers by te staan.

Om bloed te kan skenk moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

LEES OOK: Tiener skenk bloed om haar oupa se nalatenskap te eer

LEES OOK: Inwoner skenk 300ste eenheid bloed

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button