Liefde blom steeds na 60 jaar
Wedersydse respek het die paartjie deur al die jare bymekaar gehou.
Na 60 jaar brand die liefdesvlam tussen Gideon (Kierie) en Jean Naude van Sunward Park steeds hoog.
Die egpaar het op 27 Januarie hul diamant-herdenking gevier. Gideon en Jean het mekaar in Boksburg ontmoet toe Jean nog by Boksburg High School skoolgegaan het. Sy moes na skool op pad huis toe verby Gideon se werk stap. Hulle het gereeld gesels en die liefde het begin blom. Hulle is in 1962 te Klipkerk in Voortrekkerstaat getroud.
“Dit was liefde met die eerste oogopslag. Ek het dadelik geweet die mooi Engelse meisie gaan eendag myne word. Sy kon toe nog nie ’n woord Afrikaans praat nie,” het Gideon gesê.
Die egpaar is geseënd met drie dogters, Renee Viljoen, Margaret Ford en Leonie Viljoen, vier kleinkinders en drie agterkleinkinders.
Volgens hul is die resep vir ’n gelukkige huwelik wedersydse respek en vertroue.
“Wees beste vriende. Skep vir mekaar ’n veilige hawe met baie liefde,” het hulle bygevoeg.
Hulle raad aan jong paartjies?
“Moet nooit te gou opgee nie, werk en skaaf aan mekaar. Die huwelik is deur God ingestel en moet eerbiedig word.”
Om hulle spesiale dag te vier het hul ’n ete saam met hulle dogters geniet.
Renee het haar ouers bedank vir die goeie voorbeeld wat hulle vir haar en haar susters gestel het.
Lees Ook: Pieter en Maria herdenk 50 wonderlike jare
Lees Ook: Atlasville couple celebrates 50th anniversary
![]()
![]()
![]()
![]()




