Prettige waatlemoenfees vir Baanbreker Voortrekkers
Die plesier het begin toe die voortrekkers mekaar begin smeer met die waatlemoenskille
Die Baanbreker Voortrekkers gaan steeds van krag tot krag en het onlangs die jaar afgeskop met ’n waatlemoenfees te Laerskool Baanbreker.
Volgens kommandoleier Hennie Venter was die fees ’n sukses en prettige manier om die jaar mee te begin.
“Al die Voortrekkers en almal wat wil aansluit is genooi om die middag deel te neem. Baie ouers wat hul kinders wil laat aansluit, was ook teenwoordig,” het die kommandoleier gesê.
Annatjie Venter, een van die kommando se offisiere, het gesê dit is lekker om sulke positiewe ouers in ons midde te verwelkom.

Verder het al die kinders ook ’n toutrekkompetisie geniet wat deur die Verkenners (Voortrekkers in die hoërskool) georganiseer is.
“Gelukkig kon die sterk tou die krag van al die entoesiastiese toutrekkers weerstaan.
“Die uitslag was uiteindelik ’n gelykopbeslissing. Na die toutrekkery is daar lekker geëet aan waatlemoene.
“Die plesier het begin toe die voortrekkers mekaar begin smeer met die waatlemoenskille,” het Venter bygevoeg.
Die Baanbreker Voortrekkers kom elke Maandag van 16:00 tot 17:00 bymekaar by Laerskool Baanbreker.
Vir meer inligting oor hoe om aan te sluit, kontak Hennie by 083 560 7574.
Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers geniet jaarlikse kerkdiens
Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers maak harte oop teenoor ouetehuis



