Local newsNews

Huis Dien Bothma se inwoners bederf op Valentynsdag

Die inwoners van SAVF Huis Dien Bothma is op Valentynsdag (14 Februarie) deur kleuterskole met sjokolade bederf.

Forrest Friends Pre-School het sjokolade geskenk aan Huis Dien Bothma se inwoners in die Siekeboeg en Alzheimer vleuel.

Hulle het ook kaartjies geskenk met die woorde: “Aan elke kosbare ouer inspirasie, van die jong generasie by Forest Friends.”

In die foto is (agter) Vivienne Taute (Huis Dien Bothma) en Magda Britz. Voor: Johan Potgieter, Andri Erasmus, Netse Botha, Stienie van Rensburg en Willie van der Berg met Lolli-Popz Kleuterskool.

Verder het Lolli-Popz Kleuterskool 240 sjokolades geskenk om die inwoners spesiaal te laat voel op Valentynsdag.

Magda Britz van die kleuterskool het die ouers van die skool bedank wat gehelp het om die donasie moontlik te maak.

Tiekie Mertens, bestuurder van Huis Dien Bothma, het haar dank uitgespreek teenoor die skole vir die skenkings.

“‘n Spesiale dankie aan Solette van den Berg, eienaares van Forest Friends en almal by Forest Friends en Lolli-Popz wat die skenking moonlik gemaak het.”

Lees Ook: Concordia maak harte oop teenoor Huis Dien Bothma

Lees Ook: ATKV Gesinstak Boksburg maak harte oop teenoor Huis Dien Bothma

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button