Vyf dekades van liefde vir Van Dyk Park egpaar
Die egpaar het onder andere tyd saam met hul familie spandeer om hul huweliksherdenking te vier.
Volgens egpaar Jan (71) en Rika (69) Colyn is dit hul geloof wat hulle vir 50 jaar bymekaar gehou het.
Die paartjie van Van Dyk Park het onlangs hul goue huweliksherdenking gevier.
Jan het verduidelik dat dit liefde met die eerste oogopslag was toe hy en Rika op ’n partytjie in Boksburg-Noord ontmoet het.
Jan en Rika het daarna vir drie jaar uitgegaan voordat hulle in 1972 op 26 Februarie die knoop deurgehaak het by die Klipkerk.
Hulle is geseënd met twee seuns, Riaan en Rupert, en twee kleinkinders, Ruan en Suné.
Die egpaar se raad aan jong paartjies: “Moenie opgee nie. Bid vir mekaar. ’n Paartjie wat saam bid sal bymekaar bly. Ons het ook al sewe sakke sout opgeëet en dit is net danksy die genade van die Here dat ons nog saam is.”
Jan en Rika, wat al vir 30 jaar vrywilligers is by die Cosmos ouetehuis, het hul spesiale dag gevier deur hul beloftes te hernu en tyd saam met hulle kinders en kleinkinders te spandeer.
Also Read: Plaaslike egpaar vier 55ste huweliksherding
Also Read: Plaaslike paartjie vier 60 jaar van ’n gelukkige huwelik



