Local newsNews

Boksburg VLU se April-vergadering ‘n sukses

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig.

Die Vrou Landbou-Unie (VLU) Boksburg-tak het op 6 April te NG Kerk Boksburg, bekend as die Klipkerk, ’n algemene maandvergadering gehou waar hulle ook nuwe lede verwelkom het.

Tydens die geleentheid het die vroue lief en leed gedeel. Daar is ook beplan aan ‘n liefdadigheidsprojek vir die Boksburg DBV. Verder is daar donasielyste uitgedeel aan die lede vir ‘n vleismandjie ter waarde van R1 000.

Alta Prinsloo, voorsitter van die plaaslike tak, het nuwe lede Marinda Janse van Rensburg, Joey Erasmus, Alta Viljoen en Meisie Gomes bedank omdat hulle die geleentheid bygewoon het.

Prinsloo moedig die publiek aan om betrokke te raak by die tak.

“Die Boksburg-tak is altyd op soek na nuwe lede. Enige persoon, oud en jonk, is welkom om by ons aan te sluit,” het Prinsloo bygevoeg.

Die VLU bestaan al vir 90 jaar en is ’n nie-winsgewende organisasie wat die volwasse vroue verryk en bemagtig.

Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg VLU kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.

Kontak Prinsloo by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae.

Also Read: Word deel van die VLU in Boksburg

Also Read: Sluit aan by die Boksburg VLU

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button